Description
Ontdek die betowerende wereld van limericke saam met Philip de Vos en Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Laat jou verbeelding bokspring terwyljy deur die kleurryke bladsye blaai wat vol grappige, soms tong-in-die-kiesavonture en vrolike verse is. Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies ‘n limerick is, hoe ditrym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet. Die tantes van Atlantis is ‘n boek wat oud en jonk nie net sal laat glimlag nie, maar ook laat besef hoe vermaaklik limericke kan wees. Hierdie boek is ‘n feesvir almal wat hou van lag en lees!












Reviews
There are no reviews yet.