Zackie Mostert – Omnibus 1 – 9780799389449

R240.00

Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag of ‘n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Vir die eerste keer verskyn vyf Zackie-avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus.

1 in stock

SKU: 9780799389449 Category:

Description

Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is ‘n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ‘n superheld te word of ‘n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het die gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwereld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Vir die heel eerste keer verskyn vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus: 1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie 2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee 3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen 4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar 5. Zackie Mostert en die spokerige storie

Additional information

Weight 0.2 kg
Dimensions 137 × 212 mm
Brand

Jaco Jacobs

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products