Verborge skatte – 9780798141857

R169.95

Tussen die jare 1948 en 1950 het Herman Charles Bosman altesame sestien Afrikaanse kortverhale die lig laat sien in eietydse tydskrifte. Die verhale is tot nou toe nog nooit in boekvorm uitgegee nie. Die verskyning van Verborge Skatte is ‘n unieke gebeurtenis, want dit laat die vraag ontstaan of Bosman ook as Afrikaanse skrywer gereken moet word.

1 in stock

SKU: 9780798141857 Category:

Description

Tussen die jare 1948 en 1950 het Herman Charles Bosman altesame sestien Afrikaanse kortverhale die lig laat sien in eietydse tydskrifte. Die verhale is tot nou toe nog nooit in boekvorm uitgegee nie. Die verskyning van Verborge Skatte is ‘n unieke gebeurtenis, want dit laat die vraag ontstaan of Bosman ook as Afrikaanse skrywer gereken moet word. Hier, in elk geval, is die getuienis: Verhale, gedigte, en kommentaar in en oor Afrikaans. Sommige van hierdie stories het destyds hul eerste verskyning hoegenaamd in Afrikaans gemaak, en party van hulle het, tot en met hierdie Anniversary Edition-reeks, nog nooit weer die lig gesien na hul eerste publikasie in nou-lank-vergete tydskrifte van die laat veertigerjare nie. In ander gevalle bestaan sowel Engels en Afrikaanse weergawes van dieselfde verhale, maar hulle is amper nooit presies dieselfde nie. Dit is duidelik dat Bosman self nooit sommer net uit die een taal na die ander vertaal het nie. Pleks daarvan het hy sy verhale tussen Engels en Afrikaans herskryf, met toevoegings en weglatings van ‘n belangwekkende en fassinerende aard.
Skrywer en vertaler Leon de Kock het Bosman se Afrikaanse verhale nou versorg en saamgestel vir publikasie in Afrikaans. Hiermee dan Bosman se “Afrikaanse tydperk”.

Additional information

Weight 0.25 kg
Dimensions 137 × 213 mm
Brand

Herman Charles Bosman

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products