Description
Oudrecce Andre Lombard vlug na ‘n Ortodokse kerk in die Oekraine om sy grensoorlogwonde te gaan lek, maar sy nuutgevonde vrede hou nie lank nie … Daar is landswyd onrus en die regering dreig om vryheid van geloof in te perk. Op ‘n dag klop die plaaslike mafia aan die kerk se deur op soek na betaling in ruil vir “beskerming”. Wanneer priester Arkadi weier om afgepers te word, plaas hy sy lewe op die spel. Intussen is die skone Olja uitgelewer aan ongure karakters op Kief se koue, ongenaakbare strate. Wanneer Andre tydens ‘n aanval tot Olja se redding kom, bevind hy hom nie net midde-in ‘n liefdesdriehoek nie, maar ook verstrengel in ‘n oorlog tussen die kerk en die misdaadsindikaat. Donker vuur, Pieter Stoffberg se vierde roman, neem die leser op ‘n ysingwekkende tuimeltrein na ‘n tyd van misdadigers en heiliges, antieke boekrolle en vreesaanjaende, moderne wapens.










Reviews
There are no reviews yet.