Monster Rugby – 9780799377255

R200.00

Ampie weet sommer hy gaan sy plek in die rugbyspan verloor toe Max sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is ‘n boelie. Maar Max het ‘n nare geheim…

SKU: 9780799377255 Category:

Description

Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is ‘n regte boelie. Kort voor lank vind Ampie uit dat Max ‘n nare geheim het …Hoe gaan Ampie die res van sy rugbyspan oortuig dat die skool se nuwe ster-speler in werklikheid ‘n Monster is? Het jy murg of melkskommel in jou pype? Maak reg vir ‘n rugbywedstryd soos jy nog nooit gesien het nie – en die verloorders gaan geeet word! ‘n Heerlike aksiebelaaide storie wat jong lesers sal laat skaterlag en hulle hoendervleis sal gee!

Additional information

Weight 0.1 kg
Dimensions 8 × 137 × 212 mm
Brand

Fanie Viljoen

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products