Kainsmerk – 9781776093038

R360.00

Kainsmerk is ‘n versameling stories wat meestal as kortverhale en vervolgverhale in tydskrifte verskyn het. In hierdie verhale vertel Annelie Botes van mense wat as brose wesens dikwels ‘n teken van vervloeking (Kainsmerk) in hul siele ronddra wat hulle vir die wereld wil verberg.

SKU: 9781776093038 Category:

Description

Annelie Botes het haarself oor en oor bewys as een van die voorste storievertellers in Afrikaans. Die korpus boeke wat uit haar pen verskyn het, staan onweerlegbaar as getuienis van ‘n uitsonderlike talent. Deur die jare is ‘n magdom tydskrifverhale, ‘n genre wat dikwels verkeerdelik onderskat word, in tydskrifte soos Vrouekeur, Rooi Rose en Huisgenoot opgeneem. Kainsmerk bevat ‘n keur van die verhale wat deur die skrywer self uitgesoek is. Botes se karakters dra dikwels ‘n teken van vervloeking wat hulle broos laat, en wat hulle vir die wereld wil verberg. Isabella se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink. Sy droom van ‘n dag waarop sy haar man se lyk in die put op die plaaswerf kan afgooi. Magdaleen bou ‘n padstal en werk haar tot eelte terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy en haar regterhand Kaatjie tydens ‘n vloed op die dak van die padstal vasgekeer word. Dalena, het geen behae in haar huwelik nie, maar een nag tydens ‘n plaasaanval raak sy en haar man net op mekaar aangewese. Sophia, ‘n huishoudster wat tronkstraf vir diefstal uitgedien het, begin werk vir ‘n hoogaangeskrewe man met ‘n rare obsessie. Marianna laat haar dominee-man agter en gaan soek rus en heling in ‘n grot op haar geboorteplaas. Hierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. As spesiale bonus is die immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk opgeneem. Annelie Botes se aanhangers sal saamstem: Hierdie is vertelkuns op sy beste.

Additional information

Dimensions 148 × 210 mm
Brand

Annelie Botes

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products