Afkop – 9780799372885

R240.00

Trent is die naweek alleen by die huis. Na ‘n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ‘n motorongeluk eindig, word Trent met ‘n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?

7 in stock

Description

Alles gaan oukei wees, het Decker gese. Hy was verkeerd. ‘n Wilde partytjie. ‘n Gesteelde kar. ‘n Jaagtog wat in chaos eindig. ‘n Sak vol geld. Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Na ‘n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ‘n wilde jaagtog en ‘n motorongeluk eindig, word Trent met ‘n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou? In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste! Afkop is in 2015 aangewys as naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie. Fanie Viljoen, een van die opwindendste stemme in die Afrikaanse jeugliteratuur, was in 2010 ook ‘n naaswenner in hierdie kompetisie met sy jeugroman Betower.

Additional information

Weight 0.2 kg
Dimensions 128 × 198 mm
Brand

Fanie Viljoen

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products