Description
Oxford suksesvolle ekonomie is ‘n ekonomiekursus wat deur onderwysers regdeur Suid-Afrika vertrou en gebruik word. Die ryk, relevante inhoud dek die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) ten volle. Kenmerke: onderwerpe is volgens die KABV gestruktureer, wat die kursus maklik maak om in die klaskamer te gebruik; relevante en bygewerkte gevallestudies en voorbeelde verryk die inhoud; inhoud word goed gesteun deur duidelike illustrasies en grafieke: omvattende taalsteun met terminologie wat in ekonomie gebruik word verseker dat leerders die kernbegrippe van ekonomie verstaan; ‘n groot klomp en verskeidenheid aktiwiteite en assesseringsgeleenthede help leerders om met selfvertroue te vorder; assessering word regdeur die boek sorgvuldig ondersteun om ‘n suksesvolle jaar vir die leerder te verseker; steun met eksamens is by elke aktiwiteit, hersiening, oefentoets en oefeneksamen ingebou om leerders vir formele assessering en eksamens voor te berei; steun met studievaardighede verseker die ontwikkeling van die kognitiewe vaardighede wat leerders nodig het om aktiwiteite, toetse en eksamens in Graad 10 aan te pak.










Reviews
There are no reviews yet.