Sterling – 9780624032533

R162.00

Sterling Visagie kan kies en keur onder die ouens in haar skool maar sy wil die nuwe ou se aandag vang want hy’s Frans en bitter aantreklik. Jacques Richaud raak op haar verlief of sy kan Frans praat of nie. Hulle speel tennis en lees saam Franse gedigte tot Sterling halt roep. Hy raak later siek aan longontsteking en toe word vigs gediagnoseer.

2 in stock

SKU: 9780624032533 Category:

Description

Sterling Visagie voel oor ouens net soos haar pa oor mooi vrouens. Sy kan kies en keur onder die ouens in haar skool, maar sy wil die nuwe ou se belangstelling trek, want hy’s Frans en bitter aantreklik. Daarom begin sy Frans neem by Madame Morin – maar los dit weer toe sy agterkom haar pa en Madame Morin het ‘n verhouding. Maar Jacques Richaud raak op haar verlief of sy kan Frans praat of nie. Hulle speel tennis, lees saam Franse gedigte en is later soos petrol en vuur bymekaar – tot Sterling halt roep. Jacques se eer is gekrenk en hy stel voor dat hulle minder van mekaar sien. Kort daarna word hy siek aan longontsteking – en toe word vigs gediagnoseer. ‘n Byderwetse tienerverhaal wat verskeie omstrede kwessies aanroer – tienerliefde en -seks, vigs, rondloperpa’s, afgeskeepte, vereensaamde ma’s, verbrokkelende gesinsverhoudinge weens huweliksontrou…Sonder om ooit prekerig te wees, slaag die verhaal daarin om allerhande wanopvattinge en vrese oor vigs die nek in te slaan. ‘n Groot lewenswaarheid wat die skryfster subtiel oordra, is dat niemand net sleg of net goed is nie.

Additional information

Weight 0.12 kg
Brand

Marlene le Roux

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products