Sprak of Sprook en ander Gedigte – 9780636184763

R138.00

In die gedig sprak of sprook waaruit die titel van hierdie bundel kom, betreur die digter dit dat ons dikwels so oppervlakkig met moderne kommunikasiemiddele werk. Eintlik “sprak ons dan geen sprook nie.

SKU: 9780636184763 Category:

Description

In die gedig sprak of sprook waaruit die titel van hierdie bundel kom, betreur die digter dit dat ons dikwels so oppervlakkig met moderne kommunikasiemiddele werk. Eintlik “sprak ons dan geen sprook nie. Daarteenoor kan die studie en die fyn lees van gedigte ons weer die wonder van die woord laat beleef – die magiese spreke van die sprokie, maar ook die logika van die woord wat goed oorweeg en versigtig in ‘n fyn net van verbande en assosiasies gespreek is.

Sodoende maak woorde nuwe werelde binne die leser en daarbuite oop. Elke gedig in hierdie bundel kan ‘n opwindende reis wees; is daar nie net iets van die bekende te leer nie, maar ook iets van die nog onbekende, streke van die menslike gees – ‘n grootse reis wat die onuitputlike bron van die poetiese woord bied.

Met illustreerder Dale Blankenaar se eiesoortige en dikwels vermaaklike interpretasies van die tekste, kan hierdie byderwetse bundel elke leser inspireer om self vele sproke te spreek!

Additional information

Weight 0.5 kg
Dimensions 15 × 168 × 240 mm
Brand

C. Janse van Rensburg

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products