Piekfyn Afrikaans: Gr 5: Leesboek: Eerste addisionele taal – 9781770029262

R244.00

‘n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Eerste addisionele taal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediere Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase.

2 in stock

SKU: 9781770029262 Category:

Description

‘n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Eerste addisionele taal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediere Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie leesboek lees, gaan hulle hulself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is ook langer stories en fotoverhale wat jong lesers nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of om te dramatiseer. inligtings-, sosiale wat leerders se lus vir lees sal aanwakker. Hulle lees oor allerlei temas waarvan hulle dalk nog nie weet nie of ontdek vreemde plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Soms gaan hulle oulike poskaarte, briewe, pamflette en plakkate lees. Dan is daar ook talle interessante koerantberigte, resensies, onderhoude, verslae en advertensies om hul taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jong lesers help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en hul taalbegrip te bevorder.
Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: Vrae oor die meeste tekste wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is; Toeligting by moeiliker tekste; Woordverklarings vir komplekse woorde; Die stappe van die leesproses; Antwoorde op alle vrae is gratis op die uitgewer se webtuiste beskikbaar (www.bestbooks.co.za). Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).

Additional information

Weight 0.24 kg
Dimensions 210 × 270 mm
Brand

Riens Vosloo

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products