Piekfyn Afrikaans: Gr 6: Leerderboek: Eerste addisionele taal – 9781770022799

R255.00

Piekfyn Afrikaans Graad 6 is gemik op leerders wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder.

1 in stock

SKU: 9781770022799 Category:

Description

Piekfyn Afrikaans Graad 6 is gemik op leerders wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met die van ander vakke geintegreer sodat die kennis wat leerders opdoen, hulle ervaringswereld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 7. Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ‘n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ‘n liefde vir lees te kweek. Geniet ‘n piekfyn leerervaring! Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).

Additional information

Weight 0.001 kg
Dimensions 210 × 270 mm
Brand

Henk Viljoen

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products