Nag van die Weerwolwe – 9780799379068

R135.00

Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie ‘n sappige ROU steak in haar pousekosblik? Sanri is oortuig die nuwe meisie in haar klas is ‘n weerwolf. Maar hoe gaan sy en Markus dit bewys?

1 in stock

SKU: 9780799379068 Category:

Description

Sanri Steyn droom daarvan om eendag ‘n wereldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein. Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie ‘n sappige ROU steak in haar pousekosblik? Wat soek sy by die slaghuis en waarom koop sy soveel vleis? En hoekom lyk dit of sy supersterk is? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom ‘n storie…Sanri is oortuig die nuwe meisie in haar klas is ‘n weerwolf. Maar hoe gaan sy en Markus dit bewys? Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Additional information

Weight 0.5 kg
Dimensions 137 × 212 mm
Brand

Theresa van Baalen

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products