‘n Ierse knoop – 9781779860521

R280.00

SKU: 9781779860521 Category:

Description

Toe die vier Ierse O’Connor-broers, Sullivan, Declan, Liam en Rooney, besluit om ‘n volhoubare ontwikkeling op Fynbosbaai bou, loop hulle hulle vas in Anke Joubert en haar vriendinne, kampvegters vir die omgewing.

Anke, ‘n akademikus, skryf oor die perlemoenstropers in die omgewing. Mine du Toit plaas foto’s van bedreigde spesies op sosiale media. Eden Fourie probeer deur haar kuns mense bewus maak van die broosheid van die Biosfeer. En Lika Bester, skrywer en eienaar van die plaaslike boekwinkel ondersoek die verdwyning van ‘n skooldogter ‘n jaar tevore. Hou dit met die stropery verband? Hoe meer vrae die vriendinne vra, hoe meer dreigemente ontvang hulle.

Toe die eerste slote vir die Ierse broers se ontwikkeling gegrawe word, kom hulle op menslike oorblyfsels af. Is dit die vermiste skoolmeisie, of ‘n ander slagoffer van vuilspel?

Additional information

Dimensions 153 × 234 mm
Brand

Elsa Winckler

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products