Minki se Pajampartytjie- 9781776250103

R120.00

Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ‘n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-pinata wat Natalie self gemaak het.

SKU: 9781776250103 Category:

Description

Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ‘n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-pinata wat Natalie self gemaak het.

Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die pinata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ‘n reuse-flop!

Gelukkig het Minki ‘n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …

Additional information

Dimensions 133 × 203 mm
Brand

Jaco Jacobs

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products