Description
Wener – Maskew Miller Longman 2015 Letterkundeprys. ‘n Donker gedaante klim uit die stomp. Hy is nog donkerder as die donker nag. Sy oe bult weerskante van sy kop uit. Swart dorings en penne steek orals uit sy lyf en pote. Ursula krimp ineen van vrees. Sy wil weghardloop … hardloop en hardloop en hardloop en nooit terugkom nie! Maar sy moet, sy moet die Monstervlieg keer. Dan gee die afskuwelike gedrog ‘n deurdringende fluit. Weer en weer en weer fluit hy sy verskriklike fluit. Steekpyne skiet deur Ursula se ore. Sy hoor die gedrog nader kom; sy hoor die geruis van sy vlerke. Sy ruik die stink walms van sy lyf. Maar sy ruik ook die suiwer geur van ‘n bloedrooi roos, ‘n spierwit lelie en ‘n persblou viooltjie. Ursula weet … die tyd het gekom. Jelleke Wierenga is ‘n ervare en professionele woordkunstenaar. Nadat sy jare as joernalis werksaam was, verdien sy nou haar brood met vertaling, redigering en skryfwerk. Haar jeugverhale Kat in die pan vir die Fransman en Bosluis red die koningshuis was onderskeidelik wenner en naaswenner van die Maskew Miller Longman-prys vir letterkunde. Haar tienerboek Moord per suurlemoen is met die silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon.










Reviews
There are no reviews yet.