Additional information
Weight | 500 g |
---|
R180,00
Liefde Laat jou Rice Krispies anders Proe – Marzanne Odendal is ‘n uitgeproke tiener wat daarvan droom om ‘n beroemde verslaggewer te word, wat sonder die verpligtinge van ‘n man en kinders, eendag rondom die wereld kan reis op soek na opwinding en avontuur. Maar dan ontvang sy ‘n anonieme liefdesgedig per e-pos en stadig maar seker begin ons heldin se hart verkrummel. Shakespeare was miskien hierdie hengse romantiese skrywer, maar hy was ‘n seksis, nes die meeste mans. Hy’t seker heeldag op sy agterent gesit en skryf terwyl ‘n vrou vir hom kos gemaak, sy klere gewas en sy vuil sokkies agter hom opgetel het. Agter in die klas proes iemand gedemp. My wange word warm en ek weet ek lyk sweerlik weer soos ‘n sonryp tamatie, soos hulle altyd in die tamatiesousadvertensie se. Maar ek gee nie eens om nie. Ek is nou eenmaal op die oorlogspad. “Interesting point, Marzanne,” se die onderwyseres versigtig, “but I’d like to know why you think so.” Ek sluk. “Wel. kyk maar net vir Romeo and Juliet. Dis veronderstel om die mees romantiese storie op aarde te wees, maar die arme, patetiese Juliet sit die heeltyd op die balkon en wag vir Romeo om vir haar te kom liefdesgedigte voordra.” Ek is verstom deur my eie briljante literere insigte. Dit voel asof die woorde sommer vanself by my mond uitborrel. “Die ou wat in die middel van die nag voor my venster kom gedigte voordra, smyt ek wraggies met ‘n emmer koue water. En asof dit nie genoeg is nie, pleeg Juliet selfmoord toe sy dink Romeo is dood. So asof meisies nie sonder mans kan lewe nie. “Marzanne Odendal is ‘n uitgeproke tiener wat daarvan droom om ‘n beroemde verslaggewer te word, wat sonder die verpligtinge van ‘n man en kinders, eendag rondom die wereld kan reis op soek na opwinding en avontuur. Maar dan ontvang sy ‘n anonieme liefdesgedig per e-pos en stadig maar seker begin ons heldin se hart verkrummel. Die tieners wat as keurders opgetree het, was mal oor hierdie “anderste”, humoristiese liefdesverhaal en het keer op keer opgemerk hoeveel insig die skrywer in tieners se (liefdes)lewe toon. Vir tieners van 12-15 jaar.
Weight | 500 g |
---|
Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.
*By subscribing you confirm we may send you infrequent material of interest.
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |
Reviews
There are no reviews yet.