Description
Wenner – Maskew Miller Longman 2013 Letterkundeprys. Poela … Paul … Karriem … wie is hy eintlik? En waar is sy tuiste … die grot by Hangklip, of by sy nuwe vriende van Sir Lowry’s Pass Village, of by sy wortels in Madagaskar, of nog verder terug, by die adelstand in Ceylon? Serkerlik nie by sy ma en suster nie, want hulle het verdwyn … en sy pa is vermoor. En wat beteken die stories dat slawe vrygestel gaan word vir hom as verloopte slaweseun – vryheid of nuwe gevangenskap? Soos matrose in die ou dae hulle kragte teen Adamastor, die geweldige gees van die Kaap van Storms, moes meet, kom Poela as jongeling voor uitdagings te staan. Sy eie stormagtige slaweverhaal van lyding en hoop in Een teen Adamastor, asook die van ander slawe, bied waardevolle insigte in die skandvlek wat slawerny gelaat het, maar ook in die belofte van ‘n opbloeiende gemeenskap. “Een teen Adamastor is ‘n historiese roman wat ‘n rekonstruksie van ‘n bepaalde historiese tydperk (omstreeks 1830-1834) bied, maar ook naby kom aan ‘n ewe bekende subgenre: die ou Kaapse romans – spanningsverhale verpak in ‘n historiese milieu. Verskillende magte wat inderdaad histories bestaan het, word teen mekaar uitgespeel terwyl die hooffigure tussendeur hul weg moet vind.” Prof. Wium van Zyl, Universiteit van Wes-Kaapland. Die verhaal word gevolg deur ‘n leesgids met woordverklarings, agtergrondinligting en interessante vrae en aktiwiteite om die teks te ontsluit.










Reviews
There are no reviews yet.