Die dogters van Casalina – 9781779880963

R300.00

Ciska Luckhoff, ‘n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam, gediagnoseer word met ‘n lewensbedreigende siekte.

SKU: 9781779880963 Category:

Description

Ciska Luckhoff, ‘n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam, gediagnoseer word met ‘n lewensbedreigende siekte. Gedurende hierdie tyd neem sy onbetaalde verlof om as voltydse versorger en broodwinner op te tree met haar deeltydse werk as manuskripontleder en skrywer. Haar omstandighede dreig egter om haar onder te kry en sy nader haar ma se sielkundige, Isobelle Verwey. Isobelle staan Ciska nie net by gedurende hierdie traumatiese tyd nie, maar word ook ‘n hegte vriendin. ‘n Bejaarde kunstenaar, Francina Bernardi, nader Ciska om haar memoires te skryf en Isobella moedig haar aan om die aanbod te aanvaar. Opsoek na ‘n nuwe begin en begrip vir God se plan vir haar lewe, gryp Ciska die geleentheid aan. Sy vertrek na Casalina, die drietoringhuis naby Knysna, waar sy deel van die Bernardi-familie se huishouding raak. Sy vind inspirasie in die intrige van die muurskilderye, waarin die kunstenaar met taferele daarop haar en haar man se lewensgeskiedenis verbeeld. Maar die teenwoordigheid van ‘n aantreklike Bernardi-nasaat verwar haar omdat sy nie weet hoe om haar verlede af te sluit of wat om met haar nuwe gevoelens te maak nie. Tydens Kerstyd by Casalina ontvou ‘n verhaal wat die verlede en hede se geheime ontrafel. Ciska moet vrede maak met ‘n skokkende ontdekking sodat die dogters van Casalina uiteindelik in ‘n sirkel van genade kan terugkeer.

Additional information

Weight 0.34 kg
Dimensions 20 × 153 × 234 mm
Brand

Rina Cilliers

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products