Brief op Veertigduisend Voet – 9780795803437

R240.00

Soos die verwysing na perspektief in sy digbundeltitel, Brief op veertigduisend voet, aandui, laat Dreyer die leser nuut en in verwondering na objekte en verskynsels kyk. Lig, wat sig moontlik maak, word metafories ingespan vir die menslike belewening van die verbygaan van tyd.

SKU: 9780795803437 Category:

Description

Soos die verwysing na perspektief in sy digbundeltitel, Brief op veertigduisend voet, aandui, laat Dreyer die leser nuut en in verwondering na objekte en verskynsels kyk. Lig, wat sig moontlik maak, word metafories ingespan vir die menslike belewening van die verbygaan van tyd. Verlatenheid, ooptes, en ongekarteerde gebiede word metafore vir die onsekerheid en prekere avontuur van die post-postmoderne mens.

Die bundel sluit natuur- en bewaringsgedigte in, asook reisgedigte, verweef met geskiedenis, wat die mens se interaksie met sy omgewing belig. Spanning tussen die antieke en moderne word geskep met die insluiting van gedigte oor tegnologiese en wetenskaplike innovasie, asook wetenskapsfiksie – reeds deur die titel gesuggereer.

En menslike verhoudinge – deur die “brief” van die titel geaktiveer – word in roerende dog onsentimentele liefdesgedigte verbeeld. Brief op veertigduisend voet is opwindend en verbeeldingryk, terwyl dit ook die beste aspekte van die poetiese tradisie bevat.

Additional information

Weight 0.5 kg
Dimensions 15 × 130 × 198 mm
Brand

Tom Dreyer

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products