Bosveld Ekologie en Betuur – 9781920217280

R275.00

17 van ons land se boskundiges skryf oor die Bosveld se bewaring en bestuur, die geologie en grond, veld en plante, houtsoorte en ouderdomme van bome, oorlewing en veldgebruik in historiese tye, hedendaagse toerisme en wat dit sou behels om ‘n plaas hier te koop.

2 in stock

SKU: 9781920217280 Category:

Description

17 van ons land se boskundiges skryf oor die Bosveld se bewaring en bestuur, die geologie en grond, veld en plante, houtsoorte en ouderdomme van bome, oorlewing en veldgebruik in historiese tye, hedendaagse toerisme en wat dit sou behels om ‘n plaas hier te koop. In die volksmond verwys ‘bos’ na ‘n houtagtigheid wat in samestelling, digtheid en hoogte verskil. Dit is ‘n plek waar die lewensiklusse van sowat 5 700 plantsoorte bydra tot die polsende ritme en dinamiek van soet-, suur-, gemengde of dorre bosveld. ‘n Anderhalf miljoen besoekers put jaarliks enorme plesier uit hierdie kosbare bioskat, maar dit is besig om vinnig te verarm weens die druk van menslike aktiwiteite en wanbestuur. Die benutting daarvan moet dringend met meer sensitiwiteit en kundigheid benader word. Om hierdie ideaal groter momentum te gee, deel 17 van ons land se voorste boskundiges hul kennis op ‘n maklik verstaanbare en kleurvolle wyse – wonderlike leesstof vir die bewaarder, boer, student en elke bosliefhebber.
Hierdie bondige kroniek vertel van die Bosveld se bewaring en bestuur, die geologie en die grond, die veld en die plante, van houtsoorte en die ouderdomme van bome, van oorlewing en van veldgebruik in historiese tye, van hedendaagse toerisme en wat dit sou behels om ‘n plaas hier te koop.

Additional information

Weight 0.5 kg
Dimensions 15 × 210 × 240 mm
Brand

Peet van der Walt

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products