Description
Professor Mapstieks is een van die bekendste wetenskaplikes in die land. Sy nuwe uitvinding, die Windlawaai, is pas gesteel. Die Windlawaai kan enige masjien van ‘n afstand beheer – en as dit in die verkeerde hande beland, kan dit verskriklike gevolge he. Agent Snoet kry opdrag om die diefstal te ondersoek. Maar soos gewoonlik is dit sy slim kat, Felino, wat die eintlike baasbrein agter die ondersoek is. Kort voor lank kry Snoet en Felino die wind behoorlik van voor – en dit lyk of Felino dalk die laaste van sy nege lewens kan verloor …Jong lesers is versot op hierdie humoristiese, avontuurbelaaide strokiesprent-reeks. Vorige titels in die reeks is: Agent Snoet en die Botterdiamant, Agent Snoet en die Kattekwaad, Agent Snoet en die Hondelewe en Agent Snoet en die Groen Genugtig.












Reviews
There are no reviews yet.