Weg Is Nie ‘n Plek Nie – 9780798183833

R290.00

Natasja se hart is in stukke. Johnny het haar, na alles waardeur hulle is, weer in die steek gelaat. En nou, na ‘n baie lang nag al die pad van Kaapstad, bevind sy haar op die snelweg in die verre noorde, met al haar aardse besittings agter in haar kar.

SKU: 9780798183833 Category:

Description

Natasja se hart is in stukke. Johnny het haar, na alles waardeur hulle is, weer in die steek gelaat. En nou, na ‘n baie lang nag al die pad van Kaapstad, bevind sy haar op die snelweg in die verre noorde, met al haar aardse besittings agter in haar kar. Eers nadat sy op die N18 afgedraai het en sy die bordjie opmerk, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon nog hier op Lelievlei. Miskien moet sy soontoe mik en gaan aanklop, al is dit uit die bloute? Sy is doodmoeg, verward en verslae. As sy net ‘n rukkie kan rus, sal sy dalk helderheid kry oor haar eie pad vorentoe. Maar wat op Natasja wag anderkant die deur van ‘n vervalle huis in ‘n verlate klein dorpie, sou sy nooit kon raai het nie. En nog minder hoe hierdie besoek aan Lelievlei beide haar en George se lewe onherroeplik sou verander. In die aangrypende roman herinner Santie van der Merwe ons weer hoe die liefde ons almal raak, en dat verlies soos ‘n kooltjie bly smeul en onverwags weer kan vlamvat. Maar soms, soos in Weg is nie ‘n plek nie, skenk die heelal vir ‘n mens ‘n moederfiguur wanneer jy dit die nodigste het.

Additional information

Weight 0.5 kg
Dimensions 15 × 130 × 198 mm
Brand

Santie van der Merwe

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products