Sluitstuk – 9781415210031

R180.00

Selfs net ‘n oppervlakkige kennis van die Afrikaanse letterkunde sal jou gou laat vermoed dat dit hier gaan om werklike figure, naamlik Karel Schoeman en Johann Rossouw, en dat hierdie manuskrip ‘n ruim dosis feitelikhede bevat.

SKU: 9781415210031 Category:

Description

Drie jaar na die dood van Afrikaans se grootste skrywer kom ‘n Nederlandse vrou na Suid-Afrika om navorsing vir ‘n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se wee pynlik geskei het. Onder die deurdringende blik van die biograaf le die vakleerling, eens ‘n aspirantskrywer en nou ‘n Zen-monnik, hul vervlegte lewens bloot in die bestek van een nag. Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op sy eertydse leerling so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie? Sluitstuk is ‘n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls verken. JOHANN ROSSOUW is die skrywer van die romans ‘n Rooi Z4 en ‘n Renaissance-kasteel en Verwoerdburg. Sy artikels en rubrieke verskyn gereeld in Suid-Afrikaanse en buitelandse koerante en tydskrifte. Hy het in Suid-Afrika, Frankryk en Australie studeer, en hy doseer tans filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy woon saam met sy gesin in Bloemfontein.

Additional information

Weight 0.39 kg
Dimensions 14 × 153 × 234 mm
Brand

Johann Rossouw

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products