Roepman (2011) – 9780798155342

R360.00

Hierdie roman speel af in ‘n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is jong Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasie-prosesse in ‘n grootmenswereld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom.

2 in stock

SKU: 9780798155342 Category:

Description

Hierdie roman speel af in ‘n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is jong Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasie-prosesse in ‘n grootmenswereld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom. Timus is deel van ‘n groot gesin wat dit nie breed het nie en waar die pa se beheptheid met die kerk ontstellende gevolge het. As jongste in die gesin is hy toegespin in sy eie droomwereld en ook agter by sy portuurs oor die soet en duister dinge van die lewe. Hy het ‘n sterk verbeelding en sy weergawe van insidente verleen ‘n magies-realistiese gevoel aan die gebeure in die roman. Die fyn waarneming van menswees, die patos en humor wat mekaar afwissel, die menslikheid van hierdie roman – by tye brutaal-realisties, maar ook hartverwarmend – sal geen leser onaangeraak laat nie.

Additional information

Weight 0.22 kg
Dimensions 137 × 213 mm
Brand

Jan van Tonder

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products