Description
An Onverwagte telefoonoproep lei luitenant Fritz Deelman na An stegie in die hawebuurt van Kaapstad waar hy An geheimsinnige skraal man in An vinnige motor sien wegjaag. An Wilde nagtelike jaagtog volg en eindig eers toe die skraal man se motor met skreeuende bande oor een van die kaaie stort. Fritz duik agterna om die man te probeer red, maar in die donker water vind hy geen teken van die odrenkelingo nie. Die daaropvolgende gebeure dwing Fritz om die antwoord op die raaisel in An ander werelddeel te gaan soek: die Stille Oseaan. Hier le die ondersese myn wat die middelpunt vorm van nog An avontuur in die opwindende lewe van Fritz Deelman.










Reviews
There are no reviews yet.