Jakkals en Wolf bou huis – 9780799379112

R65.00

Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met die prettige avonture van Jakkals en Wolf. In hierdie fantastiese leesreeks vertel Wendy Maartens die klassieke stories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak.

1 in stock

SKU: 9780799379112 Category:

Description

Jakkals en Wolf beleef hope avonture saam. Hulle vang vis, maak ‘n draai in Boer se skaapkraal om ‘n paar vet skape te probeer vang, en bou selfs saam-saam ‘n huis. Maar die skelm Jakkals is gedurig besig om vir arme ou Wolf ‘n streep te trek of nare poetse op hom te bak. Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met die prettige avonture van Jakkals en Wolf. In hierdie fantastiese leesreeks vertel Wendy Maartens die klassieke stories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Oor die reeks. ‘n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige, bekostigbare dierestories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.

Additional information

Weight 0.1 kg
Dimensions 137 × 212 mm
Brand

Wendy Maartens

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Recently Viewed Products