Description
Hulle is piepklein aEURO| grillerig aEURO| en fantasties!
Ontmoet die bakteriee, virusse en ander kieme en mikrobes wat oral om ons is, maar te klein is om te sien. Ontdek hoe hulle ons en ons wereld aan die gang hou.
Wat het ‘n gloeiende seekat, ‘n groeiende swam en klein kreatuurtjies in die grond onder jou tone in gemeen? Dit is alles deel van die wereld van mikrobiologie! Hierdie fantastiese boek stel kinders aan bakteriee, virusse en ander kieme en mikrobes bekend. Dit verduidelik waarom ons bakteriee nodig het, en stel jong slimkoppe ook aan ander piepklein organismes bekend aEURO” virusse, fungusse, alge en protosoe.
Bakteriee is die belangrikste lewende organismes op aarde, en 99 persent van hulle is nuttig, nie skadelik nie. Sonder bakteriee sou ons nie brood of kaas gehad het nie, en ons liggame sou nie kon werk soos dit moet nie. Mikrobes hou ons en ons wereld op verrassende maniere aan die gang. Hierdie boek wys jou hoe dit gebeur aEURO” met fantastiese voorbeelde van mikrobiologie in aksie!
Hierdie boek is ‘n prettige, leersame inleiding tot ‘n onderwerp wat kinders van aangesig tot aangesig met die wonderwereld van piepklein wetenskap bring. Met verstommende foto’s, lawwe karakterillustrasies en hope prettige feite wat jou lekker sal laat gril, sal jong wetenskaplikes hierdie boek oor mikrobiologie eenvoudig nie kan neersit nie.












Reviews
There are no reviews yet.