A+ Begrip Werkboek 5 - First of its kind. Reading texts and questions. Enhances comprehension skills and extends vocabulary. Perfect for formal and informal assessment tasks.
Die Vampiere van Vlermuishoogte - Sanri kan nie wag om haar beste vriend, Markus, se neef te ontmoet nie. Dante en sy gesin bly in Vlermuishoogte - 'n geheimsinnige ou kasteel. Maar iets is nie pluis nie. Waarom het Dante se pa 'n skaduwee soos 'n vlermuis? En is Markus dalk in gevaar? Sanri is opgewonde toe sy hoor dat haar beste vriend, Markus, se neef op Raaiselfontein kom bly. Sy kan nie wag om vir Dante te ontmoet nie. Dante en sy gesin bly immers in Vlermuishoogte.'n geheimsinnige ou kasteel buite die dorp. Maar kort voor lank begin Sanri se neus weer kriewel. En dit beteken net een ding - sy ruik 'n storie. Waarom lyk dit asof Dante se pa 'n skaduwee soos 'n vlermuis het? Watter geheime skuil in die grillerige kasteel? En is Markus regtig in groot gevaar, soos sy neef hom waarsku?
Afrikaans Sonder Grense Graad 5 Leesboek - Afrikaans sonder grense is ’n volledige taalreeks vir Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Die taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV).
Afrikaans Sonder Grense Graad 5 Leerderboek - Afrikaans sonder grense is 'n volledige taalreeks vir Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Die taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV).
Troeteldierbende Sb Fase13 Stamstories - Die uitdagender verhaalstrukture en tegnieke van hierdie boeke is vir lesers met 'n gevorderde vaardigheids-en belangstellingsvlak. Die boekies is plaaslik vervaardig, prettig en lesersvriendelik, en bevat baie foto's en illustrasies asook talle aktiwiteite wat leesvaardighede en begrippe aanmoedig.
Stamstories Spif Dif SB fase 12 - Hierdie boeke is uiters geskik vir vrymoedige leesgenot. Die boeke bevat swart en wit illustrasies en is in hoofstukke verdeel.
Wilde Wikus Leesboek -’n Wilde wragtig genaamd Wilde Wikus Het daar ’n zombie-virus uitgebreek? Is ruimtewesens besig om die aarde aan te val? Het iemand ’n hele weermag ninja-robotte losgelaat? Of waarom wil Wikus se beste maat, Rico, dan skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie? Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninja-robotte. Rico het ’n nuwe beste maat. Iemand wat baie opwindender as Wikus is. Wikus besluit om ’n plan te maak
Afrikaans Handbook & Study Guide - A comprehensive reference book and set of notes that covers everything in one book. Covers the basics and fills in the gaps. Practical and user-friendly - simple, visual and logical. Colour-coded for easy understanding, recall and application.
HAT Eng-Afr School Dictionary - Meer as 10 000 woorde wat die meeste in gesproke en geskrewe Engels en Afrikaans voorkom en hulle vertalings, plus definisies! Woordsoorte en woordvorme is maklik om te vind. Betekenisse is genommer. Die akkuraatste Afrikaanse en Engelse vertalings word verskaf. Plus natuurlike voorbeeldsinne en -frases. Grammatikale patrone en algemene woordeskat. Gebaseer op 'n statistiese ontleding van die meer as 400 miljoen woorde in die Longman Korpus Netwerk en HAT Korpus van Hedendaagse Afrikaans.