Afrikaans Handbook & Study Guide - A comprehensive reference book and set of notes that covers everything in one book. Covers the basics and fills in the gaps. Practical and user-friendly - simple, visual and logical. Colour-coded for easy understanding, recall and application.
Pad na jou Hart Studiewerkgids - Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Pad na jou hart, 'n roman vir Graad 10-11 Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys.
Keiser, Die - Die skrywer het 'n waagstuk onderneem om uit die bekende ou Andersen-sprokie van die kaal keiser 'n variasie te versin wat enersyds so na as moontlik aan die oorspronklike bly and andersyds tog in 'n aanvaarbare moderne konteks geplaas word - sonder dat die uiteenlopende "werelde" mekaar teenspreek. Deur dit in 'n moderne Afrika-land te plaas en bekende uitspattighede van ons tyd as uitgangspunt te neem, slaag hy daarin om 'n situasie wat by die eerste aanblik totaal fiktief en buitensporig woorkom, verrassend geloofwaardig te maak.
Vaselinetjie - Sy is Helena Bosman van 'n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng - die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly. Dis 'n vreemde, harde, gevaarlike wereld van skomgatkinders, kwaai huistannies en 'n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie. Maar soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart.